Monday 21 May 2018

Vinnige Eier Muffins



Vinnige Eier Muffins
Bestanddele
6 eiers
50 g uie, fyn gekap of gerasper
70 g gaar spek (jy kan dit vervang met chorizo worsies of salami)
100 g cheddar kaas, gerasper
15 ml Tuisgemaakte Pesto*, opsioneel
sout en peper na smaak

Metode
Voorverhit die oond tot 175°C.
Smeer/spuit 6 silicon muffin koppies goed en plaas op ‘n rolkoekpan.
Meng die uie en spek saam in ‘n mengbak.
Klits die eiers saam met die pesto en geur na smaak.
Voeg die kaas by en roer deur.
Voeg nou die spek en uie by.
Verdeel die mengsel tussen die muffin koppies en bak vir 15-20 minute, of tot geset en goudbruin bo.
* BASIL PESTO
4 Knoffelhuisies
2e Geroosterde grondboontjies
2k Vars Basil blare[styf ingedruk]
4e Olyfolie[ miskien bietjie meer as jy dink dit is te droog]
2e Gerasperde parmesaan kaas
Metode: Plaas in jou voedselverwerker en pols tot alles fyn vermeng is. Skep in botteltjie en gooi n bietjie olyfolie bo-op en plaas in yskas.
N.S jy kan dit ook vries Drup lepelsvol op bakpapier en vries oop in vrieskas en bere dit dan in ziplock sakkies vir weer
gebruik in pasta of souse