Thursday 26 April 2018

OUTYDSE SOUSKLUITJIES



OUTYDSE SOUSKLUITJIES

1k meel
1 tl bakpoeier
1ml sout...
4 eetl botter
2 eiers
1 eetl suiker

Sif die droe bestandele saam
Vryf die botter daarin
Room die eier en suiker .
Meng die droe bestandele by die eier mengsel en voeg n eetl of 2 melk by tot die deeg lekker skep met die lepeltjie.

Kook 3 k water met half tl kanneel en kwart tl sout.
Doop n tl eers in kook water, skep dan geronde lepels vol deeg in die kook water mengsel en kook vir tien minute.
Lig die kluitjies uit die water en sit in n oondskottel.

Maak sous van oorblywende water, 2 k melk, half k suiker en 2 eetl botter.

Giet die sous oor die gaar kluitjies en strooi kanneel suiker bo oor.