Thursday 26 April 2018

Varklendetjops in paprika-marinade



Varklendetjops in paprika-marinade
Resep Bestanddele
1 kg varklendetjops of ribtjops
1 middelslag-ui, fyngekap of gerasper
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 sopie (25 ml) olyfolie
3 sopies (75 ml) bier
2 t matige tot sterk mosterd
varsgemaalde swartpeper
4 salieblare, fyngekap
2 t fyngemaalde paprika
’n paar druppels brandrissiesous
1 suurlemoen
seesout
vleistermometer

Resep Aanwysings
Paprika gee ’n aangename byt aan die varkvleis. Braaitemperatuur: Baie warm kole.
1.Sny die oortollige vet van die tjops af en los net ’n dun, eweredige vetlagie oor.
2.Meng die uie en knoffel met die olie, bier, mosterd, peper, salieblare, paprika, brandrissiesous en suurlemoensap.
3.Bedek albei kante van elke varktjop met dié marinade, maak die bak toe en laat dit vir ’n paar uur in die yskas staan, verkieslik oornag.
4.Sit die tjops op die rooster en braai oor warm kole vir omtrent 12 minute totdat die tjops halfgaar is. Draai die rooster gereeld om. So tussendeur maal jy ook die sout en swartpeper oor albei kante van die tjops.
5.Varklendetjops behoort halfgaar voorgesit te word. Wanneer jy op jou bord daaraan sny, moet net deurskynende sap uitloop, niks pienk of rooi nie. As die interne temperatuur van die dikste dele 70 °C bereik, is die vleis halfgaar. Gebruik jou vleistermometer om seker te wees.