Monday 26 March 2018

Sjokrotskoekies


Sjokrotskoekies
15 stukke Porsies
Bestanddele
2 x 150 g-plakke melksjokolade
6 wit Paaseiers, in stukke gebreek
4 malvalekker-Paaseiers, in stukkies geskeur
125 g klein gespikkelde Paaseiertjies
125 g soetkoekies van jou keuse, in stukke gebreek
’n hand vol minimalvalekkers of groot malva­lekkers in stukke gesny
nog Paaslekkernye van jou keuse
Metode
Voer ’n diep bakplaat uit met bakpapier en bespuit met kossproei.
Breek die sjokolade in klein blokkies en plaas in ’n groot mikrogolfvaste oondbak. Smelt 30 sek. in die mikrogolf, roer en herhaal tot gesmelt.
Voeg die res van die bestanddele by die sjokolade en meng liggies deur. Skep die mengsel op die bakplaat, pak nog Paas-lekkernye bo-op indien verkies en laat stol 45 min. in die yskas. Sny in stukke en sit voor.
Wenk: Vir individuele happies: Voer ’n kolwyntjiepan met papierbakkies uit, verdeel die lekkernye tussen die koppies en giet die sjokolade oor. Laat stol in die yskas en sit voor in die papierbakkies.