Monday, 26 March 2018

PYNAPPEL-EN-GRENADELLA KONFYT



PYNAPPEL-EN-GRENADELLA KONFYT
4 PORSIES
1kg (ongeveer 4 pynappels) geskil en in stukke gesny
230 g (2 blikkies) grenadellapulp
1 kg suiker
125 ml (1/2 k) suurlemoensap
1. Sit pynappelstukke in voedselverwerker en verpulp tot glad.
2. Gooi pynappelpulp, grenadellapulp, suiker en suurlemoensap in groot kastrol.
3. Roer terwyl dit stadig verhit. Sodra suiker gesmelt is, kan dit begin kook.
4. Kook konfyt tot op 104 grade C of tot dik.
5. Gooi warm konfyt in gesteriliseerde bottels.
WENK:
Steriliseer bottels deur dit vir 'n paar minute in kookwater te laat lê. Gooi warm konfyt in bottels en draai styf toe.
(Vrouekeur)