Monday 26 March 2018

GEMMER EN PEER TERT MET KARAMELSTROOP



GEMMER EN PEER TERT MET KARAMELSTROOP
45 ml sagte botter
250 ml bruinsuiker
2 eiers
60 ml melk
5 ml vanieljegeursel
310 ml bruismeel
5 ml fyn gemmer
1 x 410 g blik peerhalwes, gedreineer en in skyfies gesny
STROOP:
250 ml room
250 ml ligbruinsuiker
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak. Sit die botter, suiker, eiers, melk en vanieljegeursel in die voedselverwerker en pols tot goed gemeng. Voeg die meel en gemmer by en pols tot ’n gladde beslag vorm. Skep in die oondbak en smeer gelyk. Pak die peerskyfies boop en bak vir 35 minute tot goudbruin en gaar.
Verhit intussen die room en suiker oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Prut vir 30 sekondes en giet die kokende stroop oor die warm tert sodra dit uit die oond kom. Laat staan vir 15 minute sodat die stroop kan intrek en sit warm (met roomys of vla) of teen kamertemperatuur (met geklopte room) voor. Lewer agt porsies.
(ARINA DU PLESSIS)