Monday 26 March 2018

Sitrus-en-papawersaad-kolwyntjies met jogurt



Sitrus-en-papawersaad-kolwyntjies met jogurt
Ingredients
Kolwyntjies:
3 groot eiers
350 ml (300 g) strooisuiker
100 ml sonneblomolie
250 ml ongegeurde jogurt
125 ml papawersaad
80 g droe klapper
250 ml (140 g) bruismeel, gesif
skil van 1 lemoen, fyngerasper
skil van 1 suurlemoen, fyngerasper
Roomkaasversiersel
100 g botter, in blokkies gesny
500 ml (260 g) versiersuiker, gesif
250 g roomkaas
10 ml suurlemoenskil, fyngerasper
5 ml suurlemoensap
2.50 ml vanieljegeursel
Method
Oondtemperatuur: 180C
Pak eers kolwyntjiepapiertjies in 'n muffinpan.
Klits die eiers en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg die olie en jogurt by en klits weer goed.
Roer die papawersaad, klapper, bruismeel en sitrusskil by en klits tot goed gemeng. (Die beslag is loperig.)
Skep die beslag in die kolwyntjiepapiertjies en bak dit in die oond vir sowat 20-25 minute of tot gaar en goudbruin.
Maak die roomkaasversiersel: Klits die botter en versiersuiker tot glad. Voeg die helfte van die roomkaas en die res van die bestanddele by en klits tot glad.
Voeg die oorblywende helfte roomkaas by en klits tot net gemeng. Moenie te veel klits nie, anders is dit te loperig.
Bedek dit met kleefplastiek en sit dit in die yskas tot benodig.
Laat die kolwyntjies afkoel en versier dit dan met die bereide roomkaasversiersel.