Monday 26 March 2018

LIPLEKKER BOERE KERRIE



LIPLEKKER BOERE KERRIE
3 hoender borsies in blokke gesny
1 ui opgesny
2 eetl olie
3 meduim aartappels geskil en in blokke gesny
2 k gevriesde gemengde groente
2 tl matige kerrie poeier(of na smaak)
1 tl borrie
1 eetl bruin druiwe asyn
2 eetl blatjang
Sout en peper na smaak
1/4 tl fyn gemmer
1 knoffelhuisie fyngedruk
Hoender speserye
2 eetl meel aangemaak met bietjie water
1 knorr hoender aftreksel blokkie aangemaak met 2 k kook water
Kook die aartappels in die aftreksel tot gaar. Verhit die olie en braai die uie en knoffel tot deurskynend. Verlaag die hitte en voeg die speserye en hoender by. Braai vir n paar min.
Voeg die res van die bestandele saam met die aartappels en aftreksel by die hoender en prut vir 10 min. Verdik die sous met die meel en prut oor lae hitte vir nog 5 min. Bedien saam met rys.