Monday 26 March 2018

Kaaskoek-Paaseiers



Kaaskoek-Paaseiers
6-8 porsies
Bestanddele
250 g (1 bakkie) gladde roomkaas
198 g (½ blik) kondensmelk
30 ml (2 e) vars suurlemoensap
5 ml (1 t) vanieljegeursel
100 ml (6 e + 2 t) grenadellapulp
8 harde wit paaseiers met sjokolade binne-in
Metode
1.Skep roomkaas in mengbak en klits met elektriese klitser tot glad.
2.Voeg kondensmelk by en klits weer tot gemeng.
3.Voeg suurlemoensap by en klits weer. Mengsel moet nou begin dik word. As dit nie dik word nie, voeg nog bietjie suurlemoensap by.
4.Roer vanieljegeursel by en plaas in yskas.
5.Sny bokant van paaseiers met skerp getande messie oop. Behou dekseltjie.
6.Giet kaaskoekmengsel in paaseiers en laat in yskas stol. Vorm effense holte in bokant van kaaskoekmengsel.
7.Skep van grenadellapuree op kaaskoekmengsel sodat dit soos ‘n regte eier lyk.
8.Sit dekseltjie weer op en bedien.
(Vrouekeur)