Monday, 26 March 2018

LEKKER KLAPPER-EN-WITSJOKOLADE TRUFFELTJIES



LEKKER KLAPPER-EN-WITSJOKOLADE TRUFFELTJIES
Sif 280g versiersuiker en 1ml kremetart saam. Voeg ‘n blik kondensmelk en 135g droë klapper by en roer goed. Voeg nog 135g klapper by. Roer weer en sit dit vir 30 minute in die yskas. Rol die mengsel in klein bolletjies. Smelt witsjokolade en kleur dit met poeier-koskleursel van jou keuse. Doop elke klapperbolletjie in die sjokolade. Laat stol. Sif versiersuiker oor en pak in truffelpapiertjies.
(Idees)