Monday 26 March 2018

KAAS EN OLYF BROODJIE



KAAS EN OLYF BROODJIE
2 k meel
4 tl bakpoeier
1 k melk
2 groot eiers – geklits
1/2 k mayonnaise
Knippie sout
2 knippies rooipeper
250 g gerasperde cheddar kaas
1 pakkie ontpitte swart olywe,opgesny
1/4 ui grof gerasper
Voorverhit die oond tot 180 ° C
Smeer of spuit broodpan goed.
Sif die droe bestandele saam.
Meng die melk, eiers en mayonnaise en meng by die meelmengsel.
Voeg gerasperde kaas,ui en olywe by en meng .
Skep die beslag in die voorbereide pan.
Sttooi nog bietjie kaas bo-oor en bak vir ongeveer 30-35 MIN tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat die brood vir ‘n paar minute in pan afkoel en keer dan op n draadrakkie uit om verder af te koel.
Bedien louwarm met botter.