Monday 26 March 2018

KORSLOSE GROENTE EN HOENDER TERT



KORSLOSE GROENTE EN HOENDER TERT
Bedien saam met n slaai vir n ligte middag ete of saam met kapokaartappels en slaai vir n hoofmaal.
1/2 pak gevriesde gemengde groente(die wat klein blokkies is)
2 gaar hoender borsies gevlok
1/2 pakkie sampioene opgesny
1/4 elk groen, rooi en geel soetrissie in blokkies gesny
1 ui gerasper
200 ml melk
4 middelslag eiers
3 eetlepels meel
1 tl gemengde kruie
Sout en swartpeper na smaak.
1 koppie Cheddar kaas.
Kook die groente volgens die aanwysings op die pakkie.
Laat groente effens afkoel.
Voeg die uie,hoender, soetrissie,sampioene en kaas by en meng deur.
Klits eiers en melk saam.
Gebruik klein bietjie ekstra melk om n pasta van die meel te maak.
Voeg by die eier- en melkmengsel en klits deur.
Meng die gemengde kruie by en geur met sout en peper.
Sit groente,hoender en kaasmengsel in n gesmeerde tertbak
Gooi die vla mengsel bo-oor.
Bak vir 40 minute by 180°C
(YUMMY CUPPYZ)