Monday 26 March 2018

Maklike Macaroni en Kaas



Maklike Macaroni en Kaas
Jy benodig:
•300 g macaroni
•olyfolie
•1 x 60 g pakkie wituiesoppoeier
•300 ml melk
•300 ml water
•1 koppie gerasperde cheddarkaas
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•1 tamatie in skyfies gesny
•botter
Metode:
Kook die macaroni volgens die aanwysings op die verpakking.
Dreineer dit en roer ‘n bietjie olyfolie deur.
Voorverhit intussen oond tot 180°C.
Meng die soppoeier, melk en water in ‘n kastrol.
Verhit dit tot kookpunt en roer tot dit verdik.
Roer die helfte van die kaas by en geur na smaak.
Roer die macaroni by en skep dit in ‘n oondbak.
Rangskik die tamatieskyfies in ‘n laag bo op, geur met sout en peper en strooi die orige kaas bo oor.
Stip met klontjies botter en bak dit 35 minute of tot goudbruin in die oond.
WENK
Vir ‘n nie-vegetariese opsie kan tuna of gaar spek bygeroer word!