Monday 26 March 2018

Brekfis-tertjies



Brekfis-tertjies
1 rol blaardeeg (ontvries)
250ml Crème fraîche (suur room) *
100ml basiliekruidblare opgekap
4 snye ham (vervang met spekvleis)
4 eiers
200g kersietamaties of geroosterde tamatiekwarte
Voorverhit die oond op 200C
Rol die deeg oop op 'n skoon oppervlakte en deel dit in kwarte. Maak 'n insnyding so 1cm van die rand, maar moenie regdeur sny nie. Pak die deeg op 'n gesmeerde bakplaat. Bak die deeg vir 15min to gepof of amper gaar.
Meng die creme fraiche en basiliekruidblare, geur met sout en swartpeper en verdeel dit tussen die deeg. Bedek elkeen met 'n skyfie ham (of spekvleis) en breek 'n eier bo-op. Garneer met 'n paar tamaties en bak dit vir 'n verdere 10 - 15 minute tot gaar. SIt voor saam met ekstra basiliecreme fraiche.
*What can I substitute for créme fraiche? If you can't find créme fraiche at the store, make your own: combine 1 cup of heavy cream with 3 tablespoons of buttermilk or 1/2 cup of sour cream; cover the container and let it sit