Monday 26 March 2018

Sodabrood met Spek & Kaas



Sodabrood met Spek & Kaas
Maak 1 Brood
250gr. Witbroodmeel
250gr. Bruinbroodmeel
Sout & Peper na smaak
1t. Koeksoda
100gr. Beleë Kaas, gerasper
100gr. Gerookte Spek, in repies gesny en bros gebraai
1-2E. Vars Kruie soos Pietersielie en Grasuie, fyn gekap
400ml. Karringmelk, kamertemperatuur
Metode:
Verhit die oond tot 200ºC.
Plaas beide tiepes meel, sout & peper, Koeksoda, kaas, spek en vars kruie in ‘n groot mengbak en maak ‘n holte in die middel.
Gooi sowat die helfte van die karringmelk in die holte en meng die bestandele saam met jou vingers, sodra die deeg begin vorm kan jy stadig die res van die karringmelk byvoeg tewyl jy heeltyd die deeg werk. Jy mag dalk nie al die karringmelk gebruik nie.
Sodar al die meel geabsorbeer is kan jy die deeg op die tafel uitkeer en in ‘n bal vorm. Plaas die brooddeeg op ‘n bakplaat uitgevoer met bakpapier.
Verdeel die brood deur met ‘n skerp mes amper tot op die bodem te sny. Sprinkel meel oor die brood en bak vir sowat 30 minute of totdat die brood ‘n broskors het en ‘n hol geluid het as jy dit met jou vingers tik.
Laat die brood effens afkoel voor bediening.
(Geure uit die vallei)