Monday 26 March 2018

Hoender en spinasiestapel



Hoender en spinasiestapel
Bestanddele
15 crepes of 5 pannekoeke
3 teelepels olyfolie
1 ui, gekap
200 g spinasie
100 g fetakaas
sout en peper
½ teelepel fyn neutmuskaat
4 gaar hoenderborsies, in repies gesny
250 ml witsous
1 koppie kaas, gerasper
Metode
Braai die ui in olyfolie.
Voeg die spinasie, feta, neutmuskaat, sout en peper by.
Meng dit met die witsous.
Plaas 2 crepes (of 1 pannekoek) in 'n oondbak. (gebruik 'n spring pan)
Smeer van die spinasiemengsel oor.
Plaas 'n crepe of pannekoek bo-op.
Plaas van die hoenderrepies bo-op.
Herhaal, en eindig met 'n pannekoek of crepe.
Sprinkel die kaas bo-oor.
Bak vir 30 minute teen 180 grade.