Monday, 26 March 2018

Vinnige Tunatert



Vinnige Tunatert
4 eiers
60ml mayonnaise
250ml melk
30ml blatjang
4 snye brood, in water geweek
1 blik (170g) tuna gedreineer
1 ui, fyngekap
10ml vars / 5ml droë gemengde kruie
sout en vars gemaalde swartpeper
250ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond op 180C. Smeer 'n tertbak deeglik. Klits die eiers, mayonnaise, melk en blatjang saam in 'n mengbak. Meng brood, tuna, uie en kruie by en geur met sout en peper. Skep in voorbereide tertbak en strooi die kaas bo-oor. Bak vir 30 minute of tot gaar.
(Tuis)

No comments:

Post a Comment