Monday 26 March 2018

Hasiebroodjies



Hasiebroodjies
6–8 porsies
Bestanddele
500 g (4 k) broodmeel
7,5 ml (1½ t) sout
5 ml (1 t) suiker
10 g (1 pakkie) kitsgis
30 ml (2 e) botter
ongeveer 350 ml louwarm water
1 eier, geklits
Metode
Stel oond op 190 °C.
1.Meng broodmeel, sout, suiker en kitsgis saam in mengbak.
2.Vryf botter in broodmeel totdat dit soos broodkrummels lyk.
3. Giet water by meelmengsel en bewerk totdat deeg vorm en van bak se kante loskom. Al die water is nie nodig nie.
4.Plaas op werksoppervlakte en knie tot glad en elasties, ongeveer 15 minute.
5.Plaas deeg terug in mengbak wat liggies gesmeer is en maak met kleefplastiek toe. Laat rys op warm plek tot dubbel in volume.
6. Knie af en vorm bolletjies van ongeveer 60 g elk deur dit tussen jou hand en werksoppervlakte te rol.
7.Plaas entjies van mekaar op gesmeerde bakplaat.
8.Sny twee “ore” met kombuisskêr teen 45 ° in deeg en vorm dit netjies met jou hand.
9.Druk twee ogies met agterkant van sosatiestokkie. Bedek met kleefplastiek of klam doek.
10.Laat rys op warm plek vir ongeveer 15 minute. Haal kleefplastiek en klam doek af en verf met geklitste eier.
11.Bak vir ongeveer 20 minute of tot goudbruin. Dit moet hol klink as daarop geklop word.
12.Sit saam met botter voor.
(Vrouekeur)