Monday 26 March 2018

3 Soort Plaatkoekies




3 Soort Plaatkoekies
32 plaat koekies

Basiese Resep Bestanddele:
500 ml (2 k) bruismeel
3 eiers, geklits
275 ml (1¼ k) karringmelk
sout en vars gemaalde peper
olie vir panbraai

VARIASIES:

Tuna en Pitmielies
1 blik (170 g) tuna, gedreineer
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
2 stingeluie, fyn gekap
Spinasie en Spek
500 ml (2 k) fyn gekapte spinasie
125 g spek, gebraai en fyn gekap

Botterskorsie en Feta
500 ml (2 k) gerasperde botterskorsie
2 wiele (200 g) fetakaas, gekrummel
’n knippie komyn

Basiese Resep Metode:
1. Meng die basiese bestanddele vir die plaatkoekies goed.
2. Variasies: Besluit op ’n variasie.
3. Roer die variasiebestanddele deur die beslag en geur met die sout en peper.
4. Laat staan sowat 10 minute.
5. Verhit ’n bietjie olie en braai lepels vol van die mengsel oor matige hitte tot gaar en goudbruin aan albei kante