Monday 26 March 2018

Gebakte ontbyt-frittata



Gebakte ontbyt-frittata
Resep Bestanddele
100 g chorizo-wors, grofgekap
½ rooi-ui, grofgekap
1 koppie (150 g) rosa- of kersietamaties
1 takkie vars roosmaryn of
½ t droë roosmaryn
½ t paprika
½ t elk sout en varsgemaalde swartpeper
1 vars brandrissie, ontpit en grofgekap (opsioneel)
100 g vars babaspinasie
½ rooi soetrissie, ontpit en grofgekap
6 eiers, liggies geklits
75 g bokmelkkaas (of enige sagte kaas van jou keuse)
geroosterde ciabattasnye, vir opdiening
’n handvol vars basilieblare, grofgekap

Resep Aanwysings
1. Voorverhit die oond tot 220 °C.
2. Verhit ’n oondvaste swaarboompan op die stoof oor mediumhoë hitte. Braai die chorizo vir 2 tot 3 minute, gooi enige oortollige olie af en voeg dan die ui, tamaties, roosmaryn, paprika, geurmiddels en brandrissie by. Laat dit vir nog 2 tot 3 minute braai.
3. Verlaag die hitte tot medium, voeg die spinasie en rooi soetrissie by en roer totdat die spinasie begin verlep. Giet die eiers bo-oor en laat dit vir 2 tot 3 minute kook sonder om te roer.
4. Krummel die kaas bo-oor en plaas die pan in die oond vir 4 tot 5 minute of totdat die eiers net gaar en effens goudkleurig is. Rooster nou die ciabattasnye.
5. Haal die frittata uit die oond, sprinkel die vars basilie oor, sny in kwarte en sit dadelik op verhitte borde met die ciabatta voor.
LET WEL: Jy kan werklik jou verbeelding met hierdie resep gebruik. Vervang die spinasie deur sampioene of gebruik sommer albei. Het jy nie chorizo nie? Dit maak nie saak nie – gebruik spek. Of maak dit ’n vegetariese gereg en voeg nog groente soos aspersie by.
( SARAH GRAHAM )