Kondensmelkkoekies
Bestanddele
330 g botter of margarien...
250 ml (1 k) suiker
2 eiers
80 ml (1/3 k) kondensmelk
15 ml (1 e) gouestroop
560 g (4 k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) kremetart
5 ml (1 t) koeksoda
VERSIERSEL
125 g (¼ blok) sagte botter of margarien
250 ml (1 k) versiersuiker
1 eiergeel
2,5 ml (½ t) gliserien
75 ml (5 e) kakao
ongeveer 60 heel rooi kersies, gehalveer
Metode
Stel oond op 180 °C.
1.Room botter en suiker met elektriese klitser tot liggeel en romerig.
2.Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
3.Voeg kondensmelk en gouestroop by en meng deeglik.
4.Sif koekmeel, sout, kremetart en koeksoda saam.
5.Meng alles saam en laat deeg vir ’n halfuur rus.
6.Rol deeg ongeveer 5 mm dik uit en druk vormpies uit. (Hier is ’n blomvormpie gebruik en ook ’n gaatjie in middel van helfte van koekies gedruk.)
7.Plaas koekies op gesmeerde bakplate en bak vir ongeveer 12 minute en laat afkoel.
8.Sif versiersuiker oor koekies met gaatjies in.
9.Versiersel Meng bestanddele vir versiersel saam tot romerig en plak koekies twee-twee op mekaar daarmee. Druk halwe rooi kersie in middel van koekies met ’n gaatjie in