Wednesday, 22 November 2017

Kerriemaalvleis jaffels met kaas en paprika



Kerriemaalvleis jaffels met kaas en paprika

Bestanddele
• sonneblomolie vir panbraai
• 1 middelslag-ui, fyngekap...
• 1 eetlepel kerriepoeier
• 1 eetlepel borrie
• 1 eetlepel masala
• 1 eetlepel paprika
• sout en peper na smaak
• 1 klein blikkie (65 g) tamatiepasta
• 2 wortels, gerasper
• 500 g maalvleis
• 1 blikkie (425 g) gemengde groente
• 1 koppie gerasperde cheddarkaas
• botter vir smeer
• 2 dik snye brood per persoon

Metode
1 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui oor lae hitte tot glansend.
2 Voeg al die speserye, geurmiddels, tamatiepasta en wortels by en braai dit vir sowat 5 minute.
3 Breek nou die maalvleis in klein stukkies in die pan sodat dit eweredig kan verbruin. Braai dit vir so 15 minute.
4 Roer die groente by en verhit dit tot deurwarm. Sit die vulsel eenkant sodat dit effens kan afkoel. Roer die kaas deur.
5 Smeer die snye aan een kant met botter. Sit een van die snye brood met die margarien kant na onder in die jaffelpan.
6 Skep nou 3 eetlepels van die vleisvulsel op die brood. Sit ’n tweede sny brood bo-op met die botterkant boontoe, en knyp dit in die jaffelpan vas.
7 Rooster dit vir sowat 5 minute direk op matige kole of tot die broodjie bruin en die kaas gesmelt is. Draai dit baie gereeld om


JAFFEL IDEES
 1.Hamburger pattie met tamatie,kaas en eier.

2. Ham,kaas, tamatie.
3.Eiers en kaas.
4. Bacon, avo en feta kaas.
5. Bacon en banana.
6. Kerrie mince.
7. Salami en mozarella kaas
8. Chicken mayo.
9. Cheese en onion.
10. Egg mayo.