Tuesday 10 October 2017

Rondomtalies



Rondomtalies
Lewer 12 rondomtalies

Bestanddele:
•1 groot ui, gekap...
•300 g maalvleis
•25 mℓ sonneblomolie
•1 eier
•2 mℓ sout
•1 mℓ peper
•5 mℓ mosterdpoeier
•25 mℓ gekapte pietersielie
•1 klein soetrissie, ontpit en gekap
•8 gevulde olywe, gekap (opsioneel)
•1 rol (400 g) onversoete skilferkorsdeeg, ontdooi
•gesmelte botter of margarien
•gekapte grondbone

Metode:
1.Voorverhit die oond tot 200 °C (400 °F).
2.Voer ʼn bakplaat met aluminiumfoelie uit en smeer die foelie.
3.Smoor die ui en maalvleis oor lae hitte in die olie.
4.Meng die eier, sout, peper en mosterdpoeier en roer by die vleismengsel.
5.Roer die pietersielie, soetrissie en olywe by en laat die mengsel effens afkoel.
6.Rol die skilferkorsdeeg uit in ‘n reghoek van 25 x 40 cm en verf botter of margarien oor.
7.Smeer die vleismengsel eweredig op die deeg en rol die deeg soos ’n rolkoek op.
8.Sny dit in skywe van 2 cm en plaas op die bakplaat.
9.Strooi grondbone bo-op en bak 12-15 minute lank.
10.Sit warm voor.