Tuesday 10 October 2017

Aartappeljassies



Aartappeljassies
Genoeg vir 4 tot 6 mense
Bestanddele:
•5 groot (1 kg) aartappels, geskrop...
•250 g spek, gebraai en gekap
•6 sprietuie, gesny
•¼ k (60 ml) Clover suurroom
•¼ k (25 g) Clover Goudakaas, gerasper

•¼ k (25 g) Clover Cheddarkaas, gerasper
•sout en varsgemaalde swartpeper
•¼ k (60 g) Clover Mooi River botter, gesmelt
•gesnipperde grasui
•Voorverhit die oond tot 180°C.
•Rangskik die aartappels op ’n bakplaat en bak 45 tot 60 minute lank op die middelste oondrak. Laat afkoel.
Metode:
1.Meng die spek, sprietuie, suurroom en die helfte van die kase en geur met sout en peper. Hou eenkant.
2.Voorverhit die oondroosterelement tot matig warm.
3.Sny die afgekoelde aartappels versigtig in kwarte, sodat die skille heel bly.
4.Skep die aartappelvleis uit die skille, maar behou ’n 5-mm laag in elke kwart.
5.Rangskik op ’n bakplaat met die skil na bo.
6.Verf die helfte van die botter oor die skille en rooster vir 3 tot 4 minute tot goudbruin. Draai om.
7.Verf die res van die botter oor en rooster weer vir 3 tot 4 minute.
8.Skep die spekmengsel in die holtes van die skille.
9.Strooi die res van die kaas oor en rooster nog 4 tot 5 minute, of tot die kaas gesmelt en goudbruin is.
10.Strooi gesnipperde grasui oor en sit voor.