Tuesday 10 October 2017

Een-Dis-Maalvleis



Een-Dis-Maalvleis
Wat jy nodig het:
•500g gemaalde beesvleis
•250ml koue water
•sout en peper na smaak
•150ml blatjang of meer na smaak
•250ml rou rys
•1 blikkie minstronesop of groente sop
•1 blikkie geroomde sampioene
•500ml kookwater
Gereed in 8 maklike stappe
1.Verhit die oond tot 180'C.
2.Smeer 'n oondvaste bak.
3.Kap 'n ui en braai in 'n ​​pan met 'n bietjie olyfolie.
4.Meng die maalveis, koue water, sout en peper by die ui en kook dit vinnig sonder 'n deksel totdat al die vleoistof afgekook het.
5.Skep die maalvleis in die bak.Smeer die bladjang bo-oor., strooi die rys oor. Gooi die sop oor en dan die sampioene. Laaste, gooi die kookwater bo
6.Bedek met die deksel of met aluminiumfoelie en bak in die verhitte oond vir 1 1/2 uur.
7.Bedien warm met groente van jou keuse.