Friday 13 October 2017



BILTONG BROODJIES
Lewer sowat 12 b roodjies
Bereidingstyd: 30 minute
1 gesnyde witbrood, korsies verwyder
125 ml (½ k) appelkooskonfyt
125 ml (½ k) sagte botter
10-15 ml (2-3 t) Marmite
250 ml (1 k) fyn biltong
METODE:
Maak toebroodjies met die brood en appelkooskonfyt.
Meng die botter en Marmite en smeer buite-om.
Druk vormpies uit die broodjies met koekiedrukkers, of sny die broodjies soos verkies
Smeer die kante van die broodjies goed met die orige bottermengsel.
Rol die broodjies in die biltong tot oraloor bedek.