Friday 13 October 2017

Paptertjies



Paptertjies
12 happiegroot tertjies
250 ml mieliemeel, gaargemaak om stywe pap te vorm
125 ml chakalaka of gegeurde tamatie en uie smoor
Fyngerasperde kaas
1. Spuit ’n muffinpan met klein holtes goed met kleefwerende sproei.
2. Skep ’n teelepel gaar pap in elke holte en druk dit vas om ’n dik doppie te vorm.
3. Skep ’n bietjie chakalaka in elkeen en strooi kaas bo-op.
4. Bak die tertjies in ’n warm oond tot die kaas gesmelt is.
Die chakalaka kan ook met tuisgemaakte tamatiesmoor vervang word.