Tuesday, 10 October 2017
Ontbytbeskuit
Ontbytbeskuit
• ongeveer 60 beskuite
BESTANDDELE
500 g (1 blok) botter
500 ml (2 k) ligte bruinsuiker
500 ml (2 k) karringmelk
3 ekstragroot eiers
1 kg (7 k) bruismeel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
300 g (1 boks) of 5 k Special K (met rooi bessies)
750 ml (3 k) semels
60 ml (4 e) sonneblomsaad
100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
125 ml (½ k) gedroogde bosbessies (cranberries)
• Stel oond op 180 °C.
METODE
1 Smelt botter en suiker saam in kastrol. Roer af en toe tot suiker amper opgelos is (van die suiker sal nie heeltemal oplos nie). Verwyder van hitte en laat bottermengsel vir 10 minute afkoel.
2 Roer karringmelk by bottermengsel tot goed gemeng.
3 Klits eiers en roer ook by bottermengsel.
4 Sif meel, bakpoeier en sout saam in mengbak.
5 Roer Special K, semels, sonneblomsaad, neute en bosbessies by.
6 Voeg bottermengsel by meelmengsel en roer tot gemeng.
7 Verdeel deeg in twee broodpanne van 10 cm x 27 cm.
8 Bak vir 55 minute of tot toetspen skoon uitkom.
9 Keer beskuit op draadrak uit om heeltemal af te koel.
10 Sny met broodmes in stukke soos verkies. Pak beskuit op bakplate.
11 Droog beskuit teen 70°C vir 5 uur uit, of tot heeltemal droog.
WENK Jy kan ook die bosbessies met rosyne of nog neute vervang