Monday 18 September 2017

Worsie-sosaties



Worsie-sosaties

Onder R135
Genoeg vir 6 sosaties
Bereidingstyd: 15 minute ...
Gaarmaaktyd: 20 minute

• 12 repe spek
• 12 sampioene
• 24 klein vark-, hoender- of lamsworsies
• lourier- of suurlemoenblare
• 12 kersietamaties
• oondtjips vir voorsit
• tamatie- of rissiesous van jou keuse

1 Draai ’n reep spek om elk van die sampioene. Ryg saam met die worsies, blare en tamatie om die beurt op sosatiestokkies.

2 Braai oor matige kole tot gaar of oondrooster vir 10 minute per kant onder ’n warm roosterelement. Verf met ’n bietjie olyfolie indien nodig. Sit dit voor met die oondtjips en tamatiesous vir doop.