Monday 18 September 2017

Frikkadelbroodjie



Frikkadelbroodjie
Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 200°C...

• 500g maalvleis
• 1 brandrissie, ontpit en fyngekap
• 5ml elk koljander, komyn en paprika
• 1 eier
• 250ml broodkrummels
• olie
• 1 groot ciabatta-brood
• 30ml botter
• 1 ui, pangebraai tot geurig
• 150ml kaassous
• 150ml gerasperde mozzarella
• roket

1 Meng die maalvleis, brandrissie, speserye, eier en brood- krummels. Geur met sout en peper. Vorm happiegroot frikkadelletjies en panbraai in die olie tot gaar.

2 Voorverhit die oond. Sny die brood se bokant af en hol effens uit. Smeer met die botter en bak in die oond tot bros.

3 Skep die uie, frikkadelle en kaassous in lae in die broodjie en sprinkel die mozzarella oor. Bak in die oond tot goudbruin, sowat 15 minute (hou maar fyn dop). Sprinkel die roket oor en sny in skywe.