Monday 18 September 2017

Boereworssosaties



Boereworssosaties
6 porsies

Bestanddele:
...
Sosaties
•12 sosatiestokkies
•600 g boerewors
•250 g (1 pakkie) streepspek
•440 g (1 blik) pynappelstukke
•1 rooi soetrissie, ontpit en in blokke gesny
•1 groen soetrissie, ontpit en in blokke gesny
•12 klein uie, skoongemaak en gehalveer

Sous
•187 ml (¾ k) pynappelstroop
•10 ml (2 t) mielieblom
•15 ml (1 e) sojasous
•15 ml (1 e) rysasyn

Metode:

Sosaties
1.Laat die sosatiestokkies vir ongeveer 1 uur in water lê – sodat die stokkies nie brand wanneer dit gebraai word nie.
2.Kook die boerewors in ʼn bietjie water in ʼn pan tot amper gaar. Laat dit effens afkoel en sny in happiegroottes.
3.Sny die streepspek in die helfte (vertikaal). Draai stukkies spek om elke worshappie.
4.Dreineer die pynappelstukke, maar behou stroop. Steek die boereworshappies en pynappelstukke, soetrissieblokke en uitjies beurtelings op die sosatiestokkies.

Sous
1.Verhit die pynappelstroop, mielieblom, sojasous en rysasyn saam in ʼn kastrol tot kookpunt. Roer aanhoudend totdat die sous glad is en effens verdik. Hou eenkant tot benodig.
2.Braai die sosaties oor kole of in ʼn braaipan met ʼn bietjie olie tot gaar.
3.Skep die sous oor die sosaties en sit voor.