Monday 18 September 2017

Varkworsrolletjies



Varkworsrolletjies

• 1 rol (400 g) goeie blaardeeg
• 8 skyfies (sowat 125 g) dun ham
• 30 ml korrelmosterd...
• 6 vars varkworsies, vel verwyder
•1⁄2 klein wit ui, fyngekap
• 4 gemarineerde songedroogde tamaties, gekap
• 15 ml platblaarpietersielie, fyngekap
• 1 eier, geklits
• 10 ml sesamsaad

1. Rol die deeg oop op ’n skoon werkoppervlak en sny dit in twee ewe groot lengtes. Pak nou 4 velletjies ham oor die lengte op elke deegstrook en smeer 15 ml mosterd oor elke strook. Voeg al die worsvleis saam en rol dit in twee lang worse. Meng die ui, tamaties en kruie en rol die vleis daarin.

2. Plaas ’n worslengte op elke voorbereide deegstrook. Rol nou versigtig die deeg oor die vleis om twee lang worsrolle te vorm. Sny elke lengte in vier gelyke dele (sny tussen die velletjies ham) en maak drie insnydings oor elkeen. Pak die rolletjies op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en verf met die eier. Sprinkel die sesamsaad oor en bak in ’n voorverhitte oond teen 200ºC vir sowat 35 minute of tot goudbruin en gaar.