Monday 18 September 2017

Pampoenkoekies



Maritha Snyman se Pampoenkoekies
Maak 6

2 koppies fyngedrukte gaar pampoen
1 koppie koekmeel...
1 teelepel bakpoeier
2 eiers, geklits
½ koppie pekanneute, gekap
botter, vir braai
1 skyf fetakaas, gekrummel
2 teelepels fyn kaneel
½ koppie heuning

Meng die pampoen, meel, bakpoeier, eiers en pekanneute saam.

Verhit botter in ’n pan en braai lepels vol deeg daarin.

Braai dit aan albei kante tot goudbruin en gaar.

Dreineer dit op kombuispapier en hou warm.

Pak die pampoenkoekies in lae in ’n bak en sprinkel fetakaas en kaneel tussen elke laag.

Drup die heuning oor en sit dit warm voor.

(Weg)