Monday 18 September 2017

Suikervrye wortelkoek



Suikervrye wortelkoek
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min....
Gaarmaak: 50 min

375 ml (1½ k) bruismeel, gesif
10 ml (2 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) koeksoda

180 ml (2/3 k) xylitol
80 g pampoensaad, grof gekap
2 eiers
125 ml (½ k) kanola-olie
3 wortels, gerasper
60 g sultanas

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 18 cm ronde bakpan en voer dit met bakpapier uit.

1.Meng die meel, kaneel, koeksoda, xylitol en pampoensaad in ’n groot mengbak.

2.Klits die eiers en olie saam in ’n aparte bak of beker. Giet in die meelmengsel en roer tot gemeng. Roer die wortels en sultanas in. Skep in die gevoerde pan en maak die oppervlak glad.

3.Bak 50 minute of tot die bokant veerkragtig voel wanneer jy daaraan raak en ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel van die koek ingedruk word. Laat koel 10 minute af op ’n draadrak en keer dan uit en laat heeltemal afkoel.