Monday 18 September 2017

Gebakte tamatiehoender



Gebakte tamatiehoender
•6 hoenderborsies
•Een 500 g pakkie gemengde botterskorsie- en patatblokkies
•Een 400 g bottel Napolitaanse sous
•500 g pakkie kersietamaties...
•Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•‘n Handvol roketblare vir garnering

Metode
1.Voorverhit die oond tot 180°C
2.Rangskik die hoender, botterskorsie en patat in ‘n enkellaag in ʼn oondvaste bak.
3.Giet die Napolitaanse sous oor die hoender en bak vir 40 minute.
4.Verwyder die hoender uit die oond, voeg die tamaties by en bak vir ‘n verdere 40 minute.
5.Geur na smaak en garneer met die roketblare. Sit met ‘n groenslaai voor.