Monday 18 September 2017

Patatgebak.



Patatgebak.

■ 1 kg patats, geskil, gaar gekook en fyngedruk
■ 180 ml bruinsuiker
■ 125 ml melk...
■ 2 eiers
■ 5 ml sout
■ 10 ml vanieljegeursel
■ 250 ml bruinsuiker
■ 125 ml koekmeel
■ 375 ml pekanneute, grof gekap
■ 50 ml gesmelte botter

Voorverhit die oond tot 180°C. Meng die fyngedrukte patats, 180 ml bruinsuiker, melk, eiers, sout en vanieljegeursel goed saam en gooi in ’n oondvaste bak. Meng die res van die bestanddele en sprinkel oor die patats. Bak vir 30 minute. Bedien die patatgebak saam met snoek en vars brood. Lewer 6-8 porsies.