Thursday, 7 September 2017

Souserige gebakte sjokoladetert



Souserige gebakte sjokoladetert
10 tot 12 porsies
Bestanddele
...
TERT
2 ekstragroot eiers, geskei
125 ml (½ k) strooisuiker
30 ml (2 e) kookwater
60 ml (4 e) olie
125 ml (½ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
60 ml (4 e) kakao
knypie sout
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
SOUS
90 ml (6 e) volroommelk
90 ml (6 e) strooisuiker
90 g (1 plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
30 ml (2 e) botter
SJOKOLADE-KARAMELLAAG
90 g (1 plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
360 g (1 blik) gekookte
karamelkondensmelk
1 Flake, gebreek
Stel oond op 180 °C.
1.Tert Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
2.Meng kookwater en olie.
3.Sif meel, bakpoeier, kakao en sout bymekaar. Roer oliemengsel en meelmengsel beurtelings by eiermengsel tot gemeng. Roer vanieljegeursel by.
4.Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou by beslag in.
5.Skep beslag in oondbak van 22 cm in deursnee wat met kossproei gespuit is.
6.Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
7.Sous Plaas al die bestanddele saam in kastrol. Verhit oor matige hitte tot gesmelt. Roer gereeld.
8.Giet warm sous oor tert sodra dit uit oond kom.
9.Laat tert afkoel.
10.Sjokolade-karamellaag Smelt sjokolade oor dubbelkoker of in mikrogolf teen 50% krag vir een minuut. Roer en mikrogolf vir nog een minuut. Roer tot sjokolade glad en sonder klonte is.
11.Roer kondensmelk tot glad. Meng by gesmelte sjokolade en smeer booor tert.
12.Sprinkel gebreekte Flake oor tert en versier soos verkies.