Thursday 7 September 2017

Sampioen-ontbytbakkie



Sampioen-ontbytbakkie
Lewer 4 porsies...
Bestanddele:
•4 groot bruin sampioene
•8 lang repies spek
•4 eiers
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•olyfolie vir braai
•¼ k gerasperde cheddarkaas
•hand vol gekapte pietersielie vir garnering
Metode:
1.Voorverhit die oond tot 180° C.
2.Verwyder die sampioenstingels versigtig sodat daar nie ‘n gat in die sampioen self is nie. Hou eenkant.
3.Plaas twee spekrepies oormekaar om ‘n kruis te vorm.
4.Plaas een sampioen in die middel van die spek-kruis.
5.Breek ‘n eier versigtig in elk van die sampioenholtes en geur na smaak met sout en peper.
6.Vou die sampioen en eier met die spekrepies toe en steek met tandestokkies vas.
7.Smeer ‘n bakplaat liggies en rangskik die sampioene daarop.
8.Bak dit vir 30 minute of totdat die spek bros en die sampioene gaar is.
9.Verwyder uit die oond, strooi kaas en pietersielie oor en sit dadelik voor.