Thursday 7 September 2017

GLUTENVRYE SPINASIE EN TAMATIE QUICHE



GLUTENVRYE SPINASIE EN TAMATIE QUICHE
KORS:
125ml Rysmeel
125ml Amandelmeel...
250ml gerasperde Kaas
125g Botter

METODE:
Meng al die bestanddele saam in ‘n voedselverwerker tot ‘n sagte deeg. Druk dan in die bodem van ‘n Quiche pan. Plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak.
VULSEL:
250ml gaar gesnipperde Spinasie
2 geskilde Tamaties, in blokkies gesny
6 gekapte Grasuie
3 Eiers
250ml Room
180ml gerasperde Kaas
1,5ml Neutmuskaat
Sout en Peper na smaak
METODE:
Sprei die tamatie, spinasie en uie eweredig oor die tertdop. Klits die eiers room, kaas en geurmiddels saam en gooi oor die spinasiemengsel in die tertdop.
Bak 30 minute teen 180 grade Celcius.
Die Quiche kan warm of koud bedien word.