Monday 18 September 2017

Paptert



Paptert
Onder R90
Maak 1 vierkantige tert
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute...

• 1 liter melk
• 3–5ml sout
• 250ml mieliemeel
• 60ml suurroom
• 250ml gaar mieliepitte
• 50g parmesaankaas, fyngerasper
• 250g spek, fyngekap
• 250g murgpampoentjies, in linte gesny
• 150g sampioene
• 15ml olyfolie

1 Voer ’n vierkantige bak met waspapier uit. Bring die melk en sout tot kookpunt in ’n middelslagpotjie. Roer die mieliemeel by en roer aanhoudend met ’n houtlepel. Bedek en prut stadig vir 30 minute (of volg die aanwysings op die pak). Roer so af en toe. Roer die suur­ room, mieliepitte en parmesaankaas by. Skep in die voorbereide bak.

2 Braai die spek tot bros, en dan die murgpampoentjie­linte en sampioene tot gaar. Skep dit op die pap. Haal die tert uit die bak (die papier vergemaklik die taak) en sny in blokkies.

(Tuis)