Monday 18 September 2017

Laekoolhidraat-kaaskoek met bessies



Laekoolhidraat-kaaskoek met bessies
Lewer 12 snye

Bestanddele:
•2 houers (230 g elk) roomkaas...
•1 k Griekse jogurt
•5 vryloop-eiers
•½ vanieljepeul se saad
•4 e heuning
•250 g gemengde bessies

Metode:
1.Voorverhit die oond tot 170 °C.
2.Verwerk al die bestanddele behalwe die bessies goed saam tot dit glad is en giet bo-op ʼn gebakte kors.
3.Bak vir 20 minute of tot die koek net gestol is.
4.Los om af te koel en sit voor saam met die bessies.