Thursday 7 September 2017

Ontbytmuffins



Ontbytmuffins
Maak: 24
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
...
•250 ml sagte droë appelkose, fyn gesnipper
•15 ml gerasperde lemoenskil
•250 ml lemoensap
•250 ml karringmelk
•125 g ongesoute botter, gesmelt en afgekoel
•125 ml heuning
•2 eiers, geklits
•310 ml (200 g) volkoringmeel
•250 ml (140 g) bruismeel
•15 ml bakpoeier
•125 ml muesli of granola
•125 ml koringkiem
BOLAAG
•75 ml (60 g) bruinsuiker
•2,5 ml fyn kaneel
•15 ml koekmeel
•30 ml gesmelte botter
•125 ml muesli of granola
1 Voorverhit die oond en smeer twee muffinpanne óf spuit dit met kossproei.
2 Meng die gesnipperde appelkose en lemoenskil en -sap in ‘n groot mengbak en laat dit eenkant staan.
3 Roer die karringmelk, botter, heuning en eiers by die appelkose. Meng.
4 Meng die volkoringmeel, bruismeel, bakpoeier, muesli en koringkiem saam en maak dan ‘n holte in die middel. Voeg die appelkoosmengsel by en roer totdat alles gemeng is. Skep die beslag in die muffinholtes.
5 Meng die bestanddele vir die bolaag en sprinkel dit oor die beslag. Bak vir 20 minute.