Thursday 14 September 2017

Meksikaanse vark-bonebredie



Meksikaanse vark-bonebredie
■ 300 g varklies
■ Sout en vars gemaalde swartpeper
■ 30 ml olyfolie
■ 1 ui, gekap...
■ 3 knoffelhuisies, fyn gekap
■ 1 rooi brandrissie, fyn gekap
■ 1 blik (410 g) gekapte tamaties
■ 5 ml droë oreganum
■ 1 blik (410 g) borlotti-bone, gedreineer
■ 1 blik (410 g) rooi nierbone, gedreineer
■ 1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
■ 15 ml sojasous
■ 5 ml gerookte paprika
■ 5 ml suiker
■ 150 g cheddar, in blokkies gesny

Voorverhit die oond tot 165°C.

Sny met ’n skerp mes repies in die varkvlies se vetkant en vryf die vleis goed in met sout en peper. Sit die vleis in ’n oondbak en sit ’n kleiner pan met ’n gewig bo-op die vleis. Bak vir 2½ uur, of tot sag. Laat die vark afkoel met die gewig bo-op (dit help dat die vet uitgepers word.)

Sodra die vleis gaar is, sny die vleis in hapgrootte blokkies en hou eenkant. Verhit die olyfolie in ’n swaarboompan en braai die uie, knoffel en brandrissie oor lae hitte tot die uie goed gekaramelliseer is. Voeg die tamatie en oreganum by en verhit tot kookpunt.

Prut stadig vir ongeveer 10 minute en voeg die varkliesblokkies, boontjies, sojasous en gerookte paprika by. Prut weer vir 10 minute en proe vir geur. Voeg die suiker by indien nodig en geur na smaak met sout en peper. Sprinkel die blokkies kaas oor en laat dit smelt. Sit voor. Lewer 6 porsies.