Thursday 14 September 2017

Vlatert



Vlatert
Jy het net ‘n klein bietjie kondensmelk vir die kors van dié tert nodig. Skep dit sommer uit die blik wat jy gebruik vir die bo-laag.

Kors
1 pakkie klapperkoekies, fyn gedruk...
50 ml botter, gesmelt
45 ml kondensmelk
3 ml kaneel

Vulsel
500 ml melk
15 ml botter
60 ml vlapoeier
45 ml suiker
Knippie sout

Bo-laag:
1 blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
1 blikkie grenadella-pulp

Meng al die bestanddele vir die kors saam en druk dit op die bodem van ‘n gesmeerde tertbord van 30 cm x 20 cm vas. Verkoel tot benodig. Vir die vulsel: Verhit 400 ml van die melk en die botter saam tot net onder kookpunt. Meng intussen die vlapoeier, suiker en die res van die melk saam tot ‘n pasta vorm. Voeg van die warm melk by die vlapasta en roer tot goed gemeng. Gooi alles terug in die kastrol en verhit oor lae hitte, terwyl geroer word, tot kookpunt. Laat prut liggies tot verdik en gaar. Giet die warm vla op die krummelkors. Laat afkoel tot gestol. Klits die kondensmelk, suurlemoensap en grenadellapulp saam en laat staan eenkant. As die vla heeltemal koud is, skep die kondensmelkmengsel bo-oor en maak gelyk. Verkoel tot benodig.

Lewer een groot tert.