Thursday 14 September 2017

Hoender-en-spaghetti-pastei



Hoender-en-spaghetti-pastei
Genoeg vir 6 mense

HOENDER
1 heelhoender...
7 ml (1½ t) sout
2 ml (½ t) droë gemengde kruie
2 ml (½ t) fyn naeltjies
2 ml (½ t) fyn koljander
2 ml (½ t) fyn gemmer
2 ml (½ t) swartpeper
1 liter (4 k) kookwater
1-2 hoenderaftrekselblokkies

PASTEI
250 g spaghetti
250 g rugspekvleis, gekap
2 uie, gekap
250 g sampioene, in skyfies gesny
60 ml (¼ k) gekapte sopseldery
30 ml (2 e) gekapte pietersielie
200 g mozzarellakaas, gerasper
6 eiers
750 ml (3 k) melk
sout en peper

slaai vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ’n oondvaste bak.

1.HOENDER Plaas die hoender, sout, kruie en speserye, kookwater en aftrekselblokkie in ’n groot kastrol en kook sowat 1½ uur tot sag en gaar.

2.Verwyder die hoender uit die aftreksel. Haal die bene uit en pluis die vleis.

3.PASTEI Kook die spaghetti in die aftreksel en nog water indien nodig tot sag en dreineer. Behou 250 ml (1 k) van die aftreksel.

4.Braai die spekvleis, uie, sampioene en seldery tot sag en gaar.

5.Voeg die hoender, spaghetti, aftreksel en pietersielie by. Skep die helfte van die hoendermengsel in die voorbereide bak. Sprinkel die helfte van die kaas oor, skep die res van die hoendermengsel oor en sprinkel die orige kaas oor.

6.Klits die eiers en melk saam en giet oor die pastei. Bak 45 minute tot die eier gestol het en die pastei gaar is.

7.Sit warm voor saam met slaai.