Thursday, 28 September 2017
Maalvleis met lensies in soetrissies
Maalvleis met lensies in soetrissies
6 porsies
MAALVLEIS
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) knoffelhuisie, gekap
600 g beesmaalvleis
30 ml (2 e) koekmeel
410 g (1 blik) gekapte tamaties
205 g (½ blik) geblikte lensies
20 ml (4 t) tamatiepuree
5 ml (1 t) suiker
2,5 ml (½ t) sou
knypie peper
SOETRISSIES
6 soetrissies, dekseltjie afgesny en ontpit
1. Maalvleis: Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag.
2. Voeg vleis by en soteer tot vleis los van mekaar en gaar is. Roer koekmeel by tot vleis bedek is.
3. Voeg tamaties, lensies, tamatiepuree, suiker, sout en peper by.
4. Laat prut tot amper alle vloeistof verdamp het.
5. Soetrissies: Was soetrissies onder lopende water. Skep maalvleisvulsel daarin.
6. Spuit oondbak met kossproei en sit soetrissies daarin, nie te naby aan mekaar nie.
7. Sit dekseltjies van soetrissies weer bo-op en bak 25 min. of tot soetrissie sag is.
8. Sit dadelik voor.