Thursday 28 September 2017
HEEL GEROOSTERDE MOZZARELLA EIERVRUG
HEEL GEROOSTERDE MOZZARELLA EIERVRUG
Genoeg vir 4 mense
BESTANDELE:
4 groot eiervrugte
sout en vars gemaalde swartpeper
2 ml fyn komyn (½ tl)
45 ml olyfolie (3 el)
2 rooi uie - in skyfies gesny
200 g mozzarellakaas - in skyfies gesny
METODE:
Voorverhit die oond tot 190 ° C.
Voer ’n bakplaat met tinfoelie uit en bespuit met kossproei.
Sny die eiervrugte in skywe, maar moenie deur die een punt sny nie sodat die skywe nog aan mekaar vassit.
Druk liggies plat sodat die eiervrug soos ’n waaier uitsprei.
Geur die eiervrugte tussen die skywe met die sout, peper en komyn.
Smeer met die olyfolie.
Sit die uie en mozzarella tussen die eiervrugskywe en pak op die bereide bakplaat.
Rooster 35 - 40 minute of tot gaar.
Sit voor met vars basilie en groenslaai.
VARIASIE
Smeer sondroë tamatiepesto tussen die eiervrugskywe en sprinkel fetakaas oor pleks van mozzarella