KASERIGE PATATS
Genoeg vir 3 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaaktyd: 40-60 min.
PATATS...
3 patats
VULSEL
230 g roomkaas
5 ml (1 t) basiliepesto
5 ml (1 t) roketpesto
5 ml (1 t) sondroëtamatiepesto
2-3 vars aspersies, gestoom
2-3 langsteelbroccoliboompies, gestoom
125 ml (½ k) spinasie, lig gestoom
METODE
PATATS Draai die patats in tinfoelie toe en bak 40-50 min op matige kole tot gaar.
Sny oop.
VULSEL Meng die roomkaas en pesto’s en skep in elke patat.
Pak die aspersies, broccoli en spinasie bo-op.
Plaas die gevulde patats op ’n rooster op matige kole tot die kaas gesmelt het.
Genoeg vir 3 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaaktyd: 40-60 min.
PATATS...
3 patats
VULSEL
230 g roomkaas
5 ml (1 t) basiliepesto
5 ml (1 t) roketpesto
5 ml (1 t) sondroëtamatiepesto
2-3 vars aspersies, gestoom
2-3 langsteelbroccoliboompies,