Thursday, 21 September 2017

Gekrummelde hoenderrepies en avokadopeerdoopsous



Gekrummelde hoenderrepies en avokadopeerdoopsous
Genoeg vir vyf porsies
•4 hoenderfilette, in dun repies gesny
•Sout na smaak...
•2 eierwitte

•4 snye volkoringbrood, verwerk tot fyn krummeltjies
•45ml (3T) fyngerasperde Parmesaankaas
•15ml (1T) olie
•15ml (1T) gedroogde pietersielie
Voorverhit die oond tot by 220 grade C en voer ’n bakplaat uit met aluminiumfoelie. Druk die hoenderrepies droog en geur liggies met sout. Klits die eierwit tot skuimerig.
Meng die broodkrummels, Parmesaankaas, olie en pietersielie en smeer die mengsel egalig op ’n bord. Doop die hoenderrepies in die eierwit en rol dan in die krummelmengsel. Plaas die hoenderrepies op die bakplaat en rooster omtrent sewe minute aan elke kant of tot goudbruin en gaar. Sit voor met ’n avokadopeerdoopsous (sien wenk).
Wenk: Maak ’n avokadopeerdoopsous deur tot glad saam te meng: 1 gesnyde ryp avokado, 45ml (3T) vars suurlemoensap, 125g gladde vetvrye maaskaas, sout en ’n bietjie fyngemaalde witpeper.