Thursday 28 September 2017

Gevulde botterskorsie met spinasie



Gevulde botterskorsie met spinasie
Bestanddele
•3 middelgroot botterskorsies
•groot klont botter
•1 ui, gekap
•250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
•2 ml knoffelsout
•knypie neutmuskaat
•30 ml (2 e) koekmeel
•90 ml (6 e) volroommelk
•sout en peper na smaak
•1 bos spinasie, ontstingel en gekerf
•500 ml (2 k) mozzarellakaas, gerasper
Wenk
Skep meer botterskorsie uit om die vulselgaatjie groter te maak. Vries oortollige botterskorsie vir latere gebruik of werk dit by die vulsel in
Metode
Stel oond op 200 °C.
1 Halveer botterskorsies in lengte en skep pitte uit.
2 Plaas in oondbak wat met kossproei gespuit is.
3 Smelt botter in kastrol, soteer ui daarin tot sag.
4 Voeg spek by en soteer tot spek gaar is.
5 Roer knoffelsout, neutmuskaat en koekmeel by en roer tot bestanddele daarmee bedek is. Voeg melk, sout en peper by terwyl jy roer.
6 Plaas spinasie bo-op en sit kastrol se deksel op. Laat stoom vir drie minute. Draai stoofplaat af en laat staan nog twee minute op warm stoofplaat vir spinasie om heeltemal te verwelk.
7 Voeg kaas by en roer mengsel tot gemeng.
8 Skep in botterskorsiehelftes.
9 Bedek oondbak met foelie en bak vir ongeveer 80 minute tot botterskorsie sag is.